Local sportSport

Oud maar nog lank nie koud nie, veterane klop 1997 reünie-span

Die dag is afgeskop met die spelers van die Standerton DeKalb Rugbyklub wat sewe aan 'n kant gespeel het teen Ritchie Ford, asook 'n Sakhile-span.

Soos die meeste goeie idees, het dit om die geknetter van ‘n braaivleisvuur ontstaan vir die 1997 reünie-span om elke 10 jaar bymekaar te kom om geld vir die Cystic Fybrosis (CF) Trust in te samel.

Wikus de Bruyn en Driaan Odendaal het met die blink idee vorendag gekom en die beplanning het begin.

Die spelers was in 1997 in die 0/16-span, so die manne is vanjaar 36 jaar oud.

Die eerste wedstryd wat dié klomp gespeel het, was in 2007 teen die dorp se eerstespan, blykbaar maak hulle nie foute twee keer nie en hulle het die veterane van die rugbyklub uitgedaag.

Die CF Trust is gestig omdat daar geen staatshulp vir dié genetiese siekte is nie en mediese fondse dek ook nie al die onkoste nie, asook geld vir navorsing.

Navorsing toon dat een uit elke 27 mense ‘n draer is van ‘n oormaat slym wat die pankreas en veral die longe aantas wat asemhaling beïnvloed.

Die pankreas skei dan nie ensieme af nie.

Die wedstryd is verlede Saterdag gereël en die veterane het probeer om te oefen, manne het in hulle hordes opgedaag om deel te wees van dié dag.

Die dag is afgeskop met die spelers van die Standerton DeKalb Rugbyklub wat sewe aan ‘n kant gespeel het teen Ritchie Ford, asook ‘n Sakhile-span.

Klik HIER vir meer foto’s

Maak seker jy lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button