Standerton Netbalklubspelers maak reg vir Spar Nasionale Vroue-kampioenskap
Albei spelers is positief oor die Mpumalanga-spanne wat gaan wedywer.
Altesaam drie lede van die Standerton Netbalklub gaan in Augustus aan die Spar Nasionale Vroue-kampioenskap in Durban deelneem.
Lisa van der Linde sal in die 0/21-span en Marisca van Wyk in die senior vroue-span meeding, terwyl me. Shané Dalgleish as afrigter van die vroue B-span aangewys is.
Keurders maak in die seisoen ’n draai by wedstryde en na twee rondes proewe vind die eindronde plaas en spanne word aangewys.
Lisa en Marisca het met die uitdunrondes die Gert Sibande-span gehaal waar die vroue A-span in die streekskompetisie as die wenner gekroon is.
Dié kampioenskap is op Standerton aangebied.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



