Sasol Hydra-Arc val vas in tuiswedstryd
Sasol se spelers kon vyf drieë agter die doellyn kry, maar Ferro’s het hulle geklop deur sewe drieë te gaan druk.
Sasol Hydra-Arc se eerste rugyspan het Saterdag, 5 Augustus kragte met Ferro’s op hul tuisveld gemeet.
Ferro’s het dié span met 45-31 geklop.
Met rustyd was die telling 19 vir Sasol en 24 vir Ferro’s.
Sasol se spelers kon vyf drieë agter die doellyn aanteken, maar Ferro’s het hulle geklop deur sewe drieë te gaan druk.
Mills is as die Spur Speler van die Wedstryd aangewys vir die voorry en Anwar Fillis as die Spur Speler van die Wedstryd vir die agterry.
Anwar Fillis het vinnig tydens die eerste helfte ’n drie gedruk.
Steven Jacobs was kort op sy hakke met die tweede drie en Juandré Kleynhans het die derde drie gedruk vir die eerste helfte.
Jannie van der Merwe en Reino Muller het vir punte op die bord gesorg nadat hulle ’n drie elk in die tweede helfte gedruk het.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



