Local sportSport

Rosemarie wen ope-gholfkampioenskap

Lucille Lyon met 40 punte op ’n uittel was tweede, terwyl Stefanie de Villiers derde was met 40.

Rosemarie Rudolph van Walker Park Gholfklub het verlede Woensdag die Bethal Vroue-Opekampioenskap gewen.

Sy het 44 punte aangeteken.

Altesaam 36 vroue het in die kampioenskap kragte uitgespook.

Lucille Lyon met 40 punte op ’n uittel was tweede, terwyl Stefanie de Villiers derde was met 40.

Die res van die uitslae is soos volg: 4) Sandra Spies 40 punte, 5) Fienie Sieberts 38 punte, 6) Christa Prinsloo 37 punte op ’n uittel, 7) Janet van Tonder 37 punte op ’n uittel, 8) Eliska Pretorius 37 punte, 9) Sarie Erasmus 35 punte en 10) Melissa Venter 35 punte.

Lucille Lyon het ook die prys ontvang vir die beste seniorspeler.

Christa Prinsloo het die prys ontvang vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies, terwyl Helen Greeff die prys vir die naaste aan die pen op die 6de en 15de putjies verower het.

Patricia Lombard het die prys vir die langste dryf op die 7de en 16de putjies gewen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Me. Monya Marais, mnr. Thinus Marais (Momentum: borg), Rosemarie Rudolph (kampioen) en me. Christa Prinsloo (vroue-kaptein: Bethal Gholfklub).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button