Hoogenhout wen ‘Virseker’ in eindstryd teen Brandwag
Hoërskool Hoogenhout se eerste rugbyspan het weer gewys waarvan die bloumasjien gemaak is.
BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se eerste rugbyspan het Saterdag, 26 Augustus op hul tuisveld teen Hoërskool Brandwag gespeel om te kyk wie die wenners van die Virseker Beker-eindstryd vir medium skole gaan wees.
Hoogies het Brandwag met agt punte geklop.
Die eindtelling was 27-19.
Hoogenhout het in 2002 in die destydse Beeldtrofee se eindstryd gespeel.
Hulle het ook teen Hoërskool Brandwag gespeel, maar verloor.
Peter de Wet van Hoërskool Hoogenhout is Saterdag as Speler van die Wedstryd aangewys.
Die oud-skoolhoof, mnr. Jim Fouché, het breëbors die dag met mede oud- en huidige Hoogenhouters, onder andere mnr. Hans van Zyl, gedeel.
“Baie dankie aan ons ondersteuners wat ons deur die wedstryd gehelp het.
“Ons sê dankie aan ons Hemelse Vader en vir ons Godgegewe talent,” het die Hoogies-kaptein, DC Saaiman, gesê.
Mnr. Danie Grobler, hoof, het breed geglimlag en was verheug oor die uitslag.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



