Estie du Plessis pak avonture aan met haar fiets waarvan sommiges net kan droom
Me. Du Plessis het vir drie weke op haar eie in die Himalajas met haar fiets rondgery en van baie ander roetes in die Midde-Ooste geleer.
Me. Estie du Plessis het al baie internasionale bestemmings met haar fiets bereik.Een van dié is Ladakh in die Indiese Himalajas.
Dit is hoog in die berge gebou en is eers in 1974 vir toeriste oopgemaak.
Me. Du Plessis het vir drie weke op haar eie in die Himalajas met haar fiets rondgery en van baie ander roetes in die Midde-Ooste geleer.
“’n Mens wonder wat in die sneeu en in die berge aangaan en ek het besluit om te gaan kyk.
“Ek sê vir myself ek moet kan vasbyt en aanhou.
“In 2015 het ons die staproete van Annapurna in Nepal met die fietse gery.
“Daar was ’n paar keer dat ek my fiets deur sneeu moes dra.”

Me. Du Plessis het ’n kursus by die K2-basiskamp in Pakistan voltooi waar sy geleer het hoe om in sneeu en ys te loop.
Sy moes dié kursus voltooi voordat sy die 6 000m pieke in die sneeu in Nepal en Mount Everest kon klim.
Temperature het tot -35 grade Celsius gedaal.
Me. Du Plessis het nie ’n bang haar op haar kop nie en ’n groter avonturier as sy sal jy nie sommer raakloop nie.
Sy het begin fiets ry omdat sy geld wou spaar terwyl sy gespesialiseer het en het aan fiets ry verslaaf geraak.
Later het sy oral met haar fiets gegaan en besluit om aan kompetisies deel te neem.
Me. Du Plessis het ook ander avonture en uitdagings aangepak, baie waarvan sommiges net van kan droom.
Intussen het sy reeds drie Cape Epic-uitdagings voltooi.

Die Cape Epic is ’n agt dae avontuur wat deur dele van die Wes-Kaap aangebied word waartydens fietryers sowat 700km moet voltooi.
Omdat sy die fietsryery so baie geniet, het al hoe meer uitdagings opgeduik wat sy met haar bergfiets aangepak het.
“Ek het ’n absolute passie daarvoor om op my eie met my fiets te toer. Dit is ook lekker om saam met ander mense te toer of deel te neem, maar die uitdaging is soveel groter wanneer jy dit alleen doen. Jy ‘confess’ goed tot jouself wanneer jy so alleen ‘travel’.
“Ek het geleer om vir myself te lag en glo my, jy lag baie vir jouself.
“Jy lag omdat daar skielik ’n pas voor jou is wat jy moet uitklim wat jy nie op die kaart raakgesien het nie, en jy lag sommer net wanneer dinge verkeerd gaan.”
Dít wat me. Du Plessis later begin doen het, staan as “adventure bike packing” bekend.
Die Anna Purna-staproete per fiets, die syroete in Sjina en Kyrgyzstan, die Tour d’Afrique vanaf die Sudan, Ethiopië en Kenia is van die baie roetes wat sy al gery het.
“Ek het net my fiets, ’n donsbaadjie en my tent waarmee ek oor 50 000m bergpasse toer. Dit is lekker om die fiets te neem en te kyk waar jy uitkom.“Omdat jy nie alles saam met jou kan dra nie, moes ek in Namibië motors stop vir water.

“Op ’n stadium het ek van die vrugte langs die pad probeer eet om weer bietjie vog in my lyf te kry.”
Me. Du Plessis het vanaf Windhoek na Swakopmund met haar fiets gery en sommer langs die pad gekamp.
Sy moes onder andere die Boshua-pas aanpak wat baie nie eers met ’n 4×4-voertuig kan baasraak nie.
Sy het op grappige wyse vertel dat sy al twee maal met haar fiets na Tshwane en terug gery het en dat dit nege ure neem.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.










