Editor's choiceLocal sportSport

Secunda 4×4 Klub lê spesiaal baan uit tydens Biltong en Braaifees

Die klub sal weer ’n geleentheid aanbied op 7 Oktober waartydens groot pryse gewen kan word.

Secunda 4×4 Klub het in samewerking met Iemas finansiële adviseurs ’n 4×4-baan by Hoërskool Secunda en Goudveld Slaghuis se Biltong en Braaifees uitgelê.

Feesgangers het die geleentheid gehad om op 23 September saam in die voertuie te ry of kon ook hul eie voertuie op die baan toets.

Kinders het dit veral geniet om saam met die lede van Secunda 4×4 Klub in die motors te ry.

Die klub bied weer op 7 Oktober ’n geleentheid waartydens groot pryse gewen kan word.

4×4-intoesiaste kan inskryf en hul staal op die baan gaan wys.

As jy meer inligting oor dié dag wil hê, skakel Rikus Radley by 082 852 8654 of as jy by die klub wil aansluit, skakel Nicolene Kirton by 084 200 1644.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button