Editor's choiceLocal sportSport

Stanley van Sasol Posduifklub se duiwe vlieg vinnigste

Secunda-duiweboere se seisoen eindig amper.

Lede van Sasol Posduifklub se duiwe het Saterdag vanaf Noupoort huistoe gevlieg en die Viljoen-gesin se duiwe het eerste en tweede plekke behaal.

Eiber & Neethlingspan se duiwe het derde, sesde, agtste en negende plekke geëindig.

Pieter van der Heever se duif het ’n vyfde plek behaal, Frik Stander se duif vyfde plek en Jan Badenhorst se duif 10de plek.

In ’n ander afdeling van dieselfde wedvlug, ook vanaf Noupoort huistoe, het Eiber & Neethlingspan se duiwe eerste, sesde, sewende en 10de oor die eindstreep gevlieg, terwyl Frik Stander se duiwe tweede en derde plekke behaal het en die Viljoen-gesin se duiwe vierde en vyfde geëindig het.

Hendrikus van den Heever se duiwe het agtste en negende geëindig.

Die posduiwe vlieg eerskomende Saterdag in hul laaste wedvlug vir die seisoen.

Sasol Posduifklub is deel van die Suidoos Transvaalse Posduif-unie en die Viljoen-gesin se duiwe het die afgelope naweek eerste en tweede plekke in die unie behaal.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/96867/duiwe-vlieg-vir-eerste-plek/

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button