Local sportSport

EKSKLUSIEF AANLYN: Spelers neem aan IPS deel tydens langnaweek

Altesaam 38 spelers het mekaar die stryd aangesê.

Die afgelope langnaweek het gholfers tyd gegee om uit te span en ontspan waar Patrizia Lombard weer die hane ore aangesit het met ’n gross van 78 en 39 punte.

Altesaam 38 spelers het mekaar die stryd aangesê.

RJ Kinnear, ’n agtjarige speler, was tweede met ’n gross van 97 en 38 punte.

Innocent Dhladla het derde met ’n gross van 82 en 37 punte geëindig, terwyl Jacques Scholts vierde was met ’n 87 gross en 36 punte.

Johan Brink het in die vyfde plek ingeskuif met ’n gross van 79 en 36 punte.

Kinnear asook Brink het albei spog-twee’s behaal.

Met die luilekker vakansiedag op Maandag, 25 September het 11 spelers 18 putjies gespeel.

Innocent Dhladla was in die eerste plek met 41 punte.

Wikus Fourie het die tweede plek met 40 punte behaal, terwyl Ian Harper met 38 punte en Jacques Scholtz met 36 punte onderskeidelik derde en vierde was.

Johan Brink se 33 punte het aan hom die vyfde plek besorg en Casper Roux se 31 punte die sesde plek.

Die wenk vir die maand by die klub is:

“I have a tip that can take five strokes off anyone’s game,

“It is called an eraser,” – Arnold Stokes.

Die komende naweek, 30 September sal ’n IPS-kompetisie aangebied word.

Vir navrae skakel die klub by 017 719 1123.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button