Brümilda presteer ten spyte haar perd se rugbesering
Sy moes haar perd, Carmelina, onttrek weens 'n gediagnoseerde rugbesering en Brümilda moes noodgedwonge 'n ander perd, Al Jack Sparrow, inspan om in een klas deel te kon neem.
Brümilda Mostert,’n ruiter van Hoërskool Standerton, het onlangs by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruiterskoolvereniging-kompetisie presteer deur 29ste plek te behaal.
Dié kompetisie is by Kyalami in Johannesburg van 3 tot 6 Oktober gehou waar die beste ruiters landwyd meegeding het.
Brümilda en haar perd, Al Jack Sparrow, is slegs vir sewe maande in ‘n span.
Volgens haar ma, Melanie Pieterse, was Brümilda verkies tot vyf klasse vir die kompetsie.
Sy moes haar perd, Carmelina, onttrek weens ‘n gediagnoseerde rugbesering en Brümilda moes noodgedwonge ‘n ander perd, Al Jack Sparrow, inspan om in een klas deel te kon neem.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



