Eiber en Neethlingspan se duiwe wen weer
Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het Saterdag, 30 September aan hul laaste wedvlug vir die seisoen deelgeneem.

Die duiwe is op Colesberg losgelaat en het huis toe gevlieg.
Een van Boeta Homan se duiwe was weer eens die vinnigste by die huis en van sy ander duiwe het vierde en vyfde plekke behaal.
Eiber & Neethlingspan se duiwe het tweede, sesde en 10de geëindig, terwyl die Viljoen-gesin se duiwe derde en sewende geëindig het, die Steyn-gesin se duif het agtste geëindig en Britz & Seun se duif negende.
In die tweede wedvlug wat ook Saterdag vanaf Colesberg plaasgevind het, het Eiber & Neethlingspan se duiwe eerste, tweede en sewende geëindig.
Frik Stander se duiwe het derde, vierde en vyfde geëindig, Boeta Homan se duiwe sesde en negende, een van Jan Badenhorst se duiwe agtste en een van Briz & Seun se duiwe het 10de geëindig.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




