Local sportSport

Dirk Grobler wen Hoëveld Baarsmeesterklub se hengelkompetisie

Onder die junior hengelaars, het John-Paul Engelbrecht eerste geëindig met sy twee visse wat 0.72kg geweeg het.

Dirk Grobler het op 14 Oktober die Hoëveld Baarsmeestersklub se hengelkompetisie wat by Jerichodam naby Amsterdaam gehou is, gewen.

Sy visse het 3.28kg geweeg.

Johan Coetzer was tweede en sy visse het 3.18kg geweeg.

Johnny Engelbrecht was derde en sy visse het 2.87kg geweeg, Louis Jansen van Nieuwenhuizen was vierde en sy visse het 2.74kg geweeg en Jaap Pienaar was vyfde met sy visse wat 2.56kg geweeg het.

Johnny Engelbrecht het derde geëindig onder die senior hengelaars.
Louis Jansen van Nieuwenhuizen en Johan Coetzer het onderskeidelik vierde en tweede geëindig.

Onder die junior hengelaars, het John-Paul Engelbrecht eerste geëindig met sy twee visse wat 0.72kg geweeg het.

Onder die gaste wat deelgeneem het, was Willem Poortman die wenner met sy vyf visse wat 2.85kg geweeg het en Werner Engelbrecht was tweede met sy drie visse wat 2.33kg geweeg het.

Willem Poortman van die Hoëveld Baarsmeestersklub was die wenner onder die gaste.

Vir meer inligting, volg die klub se blad op Facebook of skakel Johnny Engelbrecht by 082 854 2919.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/51727/johande-leef-vir-hengel/

Related Articles

Back to top button