Laerskool JJ van der Merwe atlete verower 107 medaljes in vriendskaplike atletiekbyeenkoms
Laerskool JJ van der Merwe verower 107 medaljes tydens die vriendskaplike byeenkoms.
Laerskool JJ van der Merwe het op 3 Februarie ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms aangebied.
Laerskool Standerton en Oranjegloed Primary School van Secunda het die byeenkoms bygewoon.
Lees ook: Vinasia maak ’n verskil na skoonheidskompetisie
Hulle het 107 medaljes ontvang waarvan 40 goue , 36 silwer en 31 brons.
Banele Khanyi en Mpho Lukhele is onderskeidelik as die Junior Victrix en Victor Ludorum aangewys en Tyrone Berning as die Senior Victor Ludorum.
Die atlete wat die beste in die onderskeie items presteer het, was: Tyrone Berning (hoogspring vir seuns), RD Engelbrecht (verspring vir seuns), Franco Groenewald (gewigstoot vir seun) en Morné Engelbrecht (hekkies vir seuns).
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter



