Erries skop wintersport af
Hoërskool Ermelo het Saterdag teen Potchefstroom Gimnasium die wintersportseisoen afgeskop met vriendskaplike wedstryde in Potchefstroom.

Hoërskool Ermelo het Saterdag teen Potchefstroom Gimnasium die wintersportseisoen afgeskop met vriendskaplike wedstryde in Potchefstroom.
Die hokkiespanne het die seisoen goed afgeskop op die Gimmies se Astrobaan.
Die 0/14A span het 5 – 0 gewen en rustyd was die telling 1 – 0.
Surika Struwig het twee doele aangeteken, Jenna Oosthuizen, Kayla van der Meyden en Elandri Swart elkeen een.
Die 0/15A span het gelykop gespeel met een doel elk waar Nadia Kluyts die doel aangeteken het terwyl die
0/16 A span 2 – 1 het verloor en Cecelia Wessels het die doel aangeteken.
Die tweedespan het 1 – 0 gewen met Zelné de Jager wat die bal deur in die net geslaan het.
Die eerstespan het 3 – 2 gewen met Marla Oosthuizen, Kelly-Anne Bourn en Ansu Klopper wat die puntemakers was.
Dié span staan bekend as Hoërskool Ermelo Calstar Eerste-dogtershokkiespan en die skool het mnr. Muhammed Bhyat vir die borgskap bedank.
Die rugbytellings is soos volg:
Die 0/14A verloor 19 – 21, 0/14B wen 43 – 0, 0/15A verloor 0 – 50, 0/16A wen 29 – 24 en die Hoërskool Ermelo Nashua Highveld Eerste Rugbyspan verloor 30 – 36.



