Sport

Beste Hoëveld hengelaars kry pryse

Louis Peens is algehele klubkampioen.

SECUNDA – Hengelaars van die Hoëveld Hengelklub is Vrydag, 16 Maart beloon tydens dié klub se jaarlikse prysuitdeling by Highveld Park High School.

Louis Peens is die naweekkompetisiewenner onder die seniors.

AA Gustafson is die wenner onder die vroue en Henlo Peens die wenner onder die junior hengelaars.

Die wenners wat die grootste spesies vis gevang het, is Dillon Otto (grootste baber, grootste karp en grootste geelvis onder die juniors), MH de Jager (grootste baber onder die vroue) en Jaques du Preez (grootste baber en grootste karp onder die senior hengelaars).

Die ander wenners wat die grootste visse gevang het, is Anita Pretorius (grootste karp en klipbaber onder die vroue), S. Brophy (grootste moddervis onder die juniors), AA Gustafson (grootste moddervis onder die vroue), Des Fourie (grootste moddervis en geelvis onder die seniors), Karen Dicks (grootste geelvis onder die vroue), Henlo Peens (grootste karp en klipbaber onder die junior hengelaars) en Jan Pretorius (grootste klipbaber onder die senior hengelaars).

Verskeie hengelaars wat deur die jaar die maandelikse kompetisies van die klub gewen het, het ook pryse ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button