Sport

Johan wen baarsmeestershengelkompetisie

Hengelaars ding mee by De Hoopdam in klubkompetisie.

HOëVELD – Lede van die Hoëveld Baarsmeesters Hengelklub het Saterdag, 10 Maart aan ’n klubkompetisie by die De Hoopdam naby Burgersfort deelgeneem.

Johan Coetzer was die wenner onder die senior mans met sy vyf visse wat 8,71kg geweeg het.

Heinrich Horn was tweede in dié afdeling met vyf visse vir 5,89kg, Jaap Horn was derde met vyf visse vir 4,42kg en Johnny Engelbrecht was vierde met sy vyf visse wat 3,74kg geweeg het.

Rika Horn het die Country Member-afdeling gewen met haar drie visse wat 2,62kg geweeg het en Coetzer het die swaarste vis vir die naweek uitgetrek wat 2,46kg geweeg het.

Skakel mnr. Johnny Engelbrecht by 082 854 2919 of besoek die klub se Facebook-blad by Highveld Bass Masters.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button