Sasol Stoeiklub verower 20 plekke uit 22 inskrywings
Stoeiers van Middelburg, Ermelo, Nelspruit en ander plekke stoei op Secunda.
SECUNDA – Sasol Stoeiklub het Saterdag, 14 April die tweede MSV Pumatjie-toernooi by die Sasol Ontspanningsklub aangebied en verskeie plaaslike stoeiers het plekke los gestoei.
Die Stoeiligakampioenskap het direk na die Pumatjie-toernooi, ook by die Sasol Ontspanningsklub, plaasgevind.
Nathan Webb het eerste plekke in verskeie afdelings behaal en die ander stoeiers wat eerste plekke behaal het, is Reagen Meyer, Hendrik Nel, Hans Schutte en Zack Manaia.
Rikus Lourens, Manaia, Tyrone Swanepoel, Meyer en Nel het ook tweede plekke verower, terwyl Ludolph Steenkamp, Hein Meyer, Rikus Lourens en Schutte ook derde plekke behaal het.
Swanepoel en Steenkamp het albei vierde in die Presidente Skole-afdeling geëindig.
Sasol Stoeiklub het 10 eerste plekke en vyf tweede en vyf derde plekke verower.
Lede van Sasol Stoeiklub oefen Maandae en Woensdae om 6nm.
Belangstellendes kan me. Lollie van den Berg skakel by 082 343 7800.








