School sportSport

Ligbron Akademie vir Tegnologie op Ermelo se hokkiespanne behaal gemengde welslae

Ligbron se dogters- en seunshokkiespanne het aan liga- en vriendskaplike wedstryde deelgeneem.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se dogters- en seunshokkiespanne het liga- en vriendskaplike wedstryde gespeel.

Die seunshokkiespanne het Woensdag, 2 Mei aan onderskeie ligawedstryde deelgeneem.

Ligbron se 0/14A-span het ’n vriendskaplike wedstryd teen Piet Retief se 0/16B-span gespeel en die wedstryd met 2-0 beklink.

Die 0/16A-span het ’n 5-0 oorwinning oor Hoër Tegniese Skool Middelburg se 0/16B-span behaal, maar die 0/16B-span het 1-4 teen Volksrust verloor.

Die eerstespan het Volksrust met 7-1 geklop.

Die seunshokkiespanne het ook Saterdag, 5 Mei teen Hoërskool Richardsbaai gespeel. Die wedstryde het op Vryheid plaasgevind.

Die uitslae is: 0/14A-span wen 4-1, die 0/16A-span speel hul wedstryd gelykop met 1-1 en die eerstespan verloor met 2-3.

Die dogtershokkkiespanne het Donderdag, 3 Mei teen Hoërskool Middelburg te staan gekom.

Hul uitslae is: die 0/14A-span verloor 0-1, die 0/15A-span speel gelyk 0-0, die 0/16A-span verloor met 0-3, die 0/16B-span verloor met 1-2, die tweedespan verloor met 1-3 en die eerstespan verloor met 1-3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button