School sportSport

Oosterland-spanne vaar goed in middelskole-liga

Spelers neem binnekort op Ermelo deel.

SECUNDA – Hoërskool Oosterland het Saterdag, 2 Junie met Hoërskool Hoogenhout op Bethal kragte gemeet in die liga vir middleskole.

Oosterland se tweede rugbyspan het Hoogenhout met 23-15 geklop.Hul 0/14-span het Lowveld High School met 51-5 geklop en deurgedring na die kwarteindronde wat op Ermelo plaasvind.

Oosterland se 0/14-hokkiespan het in ’n ander wedstryd teen Hoërskool Evander gespeel en met 4-1 gewen, gelyop gespeel teen Bergvlam met 1-1 en Hoërskool Kanonkop met 4-0 geklop.

Die 0/14-span het na die kwarteindronde wat op Ermelo plaasvind, deurgedring.

Die 0/15-hokkiespan het al drie hul wedstryde net-net verloor en dring nie deur na die kwarteindronde nie.

Die 0/16-hokkiespan het Hoërskool Kanonkop met 2-1 geklop, Bergvlam met 4-0 geklop en teen Hendrina verloor.

Die 0/16-span het na die kwarteindronde op Ermelo deurgedring.

Oosterland se 0/16-seunshokkiespan het Hoërskool Secunda met 2-1 geklop en die liga gewen, terwyl die eerste seunshokkiespan ook hul wedstryd teen Secunda gewen het met 2-0.Hulle moes nog teen Volksrust in die eindronde speel om die ligawenner te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button