Ligbron Akademie vir Tegnologie-hokkiespanne deur na Noordvaal-uitdunne
Die Noordvaaluitspele sal na die skoolvakansie plaasvind.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se dogtershokkiespanne het Saterdag, 16 Junie aan verskeie uitdunrondes deelgeneem en goeie uitslae gelewer.
Al die Liggie-spanne se eerste wedstryde het deel gevorm van die kwarteindronde van Mpumalanga.
Die 0/14-span het in die kwarteindstryd teen Hoërskool Middelburg met 1-3 verloor.
Die 0/15-span het 4-3 teen Hoër Tegniese Skool Witbank gewen en het in die halfeindronde 0-3 teen Hoërskool Volksrust verloor. Die 0/16-span het met ’n telling van 2-1 teen Hoërskool Volksrust gewen en het in die halfeindstryd 0-1 teen Hoër Tegniese Skool Middelburg verloor.
Ligbron se eerstespan het die kwarteindstryd teen Hoërskool Secunda met ’n telling van 4-1 gewen, maar moes die knie buig voor Ermelo Hoërskool en het met ’n telling van 1-5 verloor. Al vier Ligbron se spanne dring deur na die Noordvaaluitdunne wat na die skoolvakansie sal plaasvind.



