School sportSport

Twee Hoërskool Secunda-rugbyspanne wen Mpumalanga-grootskoleliga

Secunda se 0/16-span eindig derde.

SECUNDA – Albei Hoërskool Secunda se rugbyspanne wat die afgelope naweek tuis in die eindronde van die Mpumalanga-grootskoleliga gespeel het, het hul wedstryde gewen.

Secunda se 0/14-span het Piet Retief 20-17 geklop en Secunda se eerstespan het hul wedstryd teen Ligbron 28-7 gewen.

Hoërskool Secunda se 0/16-span het in die kwarteindronde met Ermelo kragte gemeet en hulle 34-33 geklop en derde in die Mpumalanga grootskoleliga geëindig.

Die ander wenners van die eindronde was Ligbron se 0/15-span wat Rob Ferreira met 22-7 geklop het en Piet Retief se 0/16A-span het hul wedstryd teen Lydenburg met 34-5 gewen.

Hoërskool Secunda se 0/14A-, 0/15A-, 0/16A- en eerstespan speel die komende naweek in die eerste ronde van die Virsekerbeker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button