School sportSport

Erries gekroon as Mpumalanga-kampioene by gholf-uitspele

Ermelo Hoërskool is die enigste skool in Mpumalanga wat meer as een Mpumalanga span het

Ermelo Hoërskool se B- en C-gholfspanne het Maandag, 13 Augustus aan die Mpumalanga-uitdunrondes deelgeneem wat by Walker Park Gholklub op Evander plaasgevind het.

Die Erries se B-span het uitmuntende gholf gespeel en ’n totaal van 106 punte bymekaar gemaak, twee punte meer as hul naaste teenstanders, en is as die Mpumalanga-kampioene gekroon.

Die C-span het hul voorbeeld gevolg en hul kaarte vir ’n totaal van 110 punte geteken, drie punte meer as dié van die naaswenners is ook gekroon as Mpumalanga-kampioene.

As die enigste skool in die Gert Sibande-streek wat meer as een span in die Mpumalanga-eindstryd gehad het, is die Erries ook nou die enigste skool in Mpumalanga wat meer as een Mpumalanga-span het.

Die Errie-spelers en -afrigters het die skool en gemeenskap vir hul ondersteuning deur die loop van dié geskiedkundige seisoen bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button