School sportSport

Laerskool Breyten is aangewys as die alghele wenners by die Noordvaal Skole Landloop Kampioenskappe

Aan die einde van die dag is Laerskool Breyten as die algehele wenners in die Laerskoolafdeling aangewys en Hoërskool Vorentoe as die beste Hoërskool.

Laerskool Breyten het Saterdag, 25 Augustus aan die Noordvaal-skolelandloopkampioenskappe deelgeneem wat deur NWU Potchefstroom aangebied is.

Skole wat deelgeneem het, is van die beste landloopskole wat gemeet en bepaal is aan die hoeveelheid provinsiale atlete in die ASA-landloopspan.

Die skole is van Gauteng-Noord, Sentraal-Gauteng, Mpumalanga, Sentraal Noordwes, Limpopo en Noordwes.

Altesaam 47 skole het deelgeneem. Laerskool Breyten het die 0/11- en 0/13-seunsafdeling gewen en die dogters het algeheel sesde geëindig.

Laerskool Breyten is as die algehele wenners in die laerskoolafdeling aangewys en Hoërskool Vorentoe as die beste hoërskool.

Laerskool Ermelo se hoof, mnr. Louis Bates (snr) het mnr. Louis Bates (jnr) en me. Brigette Bates vir hulle en die landloopatlete se harde werk bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button