School sportSport

Ermelo Hoërskool speel deurnag tennis om tennis-bane te verbeter

Elke uur is geborg of uitgekoop deur weldoeners vir EHS-tennis om die bane op te gradeer.

Hoërskool Ermelo het Vrydag, 12 Oktober ’n deurnag-tennis gehou.

Dit het Vrydagaand om 6nm afgeskop en die deelnemers het volhard tot Saterdagoggend 6vm.

Daar was Errie-tennisspelers, ouers, oud-Errie-tennisspelers, onderwysers en selfs voornemende Erries wat in die reënbuie gespeel het en kom ondersteun het.

Die onderwysers en gemeenskaplede is gereed om die nag om tennis te speel. Hier is me. Anna-Marie van Heerden, me. Gerda van Zyl, mnr. Christof van Zyl en me. Jonanke van Zyl. (Foto verskaf)

Almal het ten spyte van die koue en nat weer saamgekuier om ’n vuurtjie waarop daar ook wors gebraai is.

Elke uur is geborg of uitgekoop deur weldoeners vir EHS-tennis om die bane op te gradeer.

Die skool het elke ouer, leerder, onderwyser en lid van die gemeenskap wat die Erries met hierdie inisiatief ondersteun het, bedank.

Die spelers is gereed om die nag om tennis te speel. Hier is mnr.Herman Louw, Junické Broekman, mnr. Lourie du Plooy en me. Lizanne Dippenaar. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button