Ermelo Hoërskool se tennisspelers presteer by die Hoëveld-tennisproewe in Secunda
Uit elf deelnemers het Alana Leibbrandt (graad 10) vyfde in die dogters o/18-afdeling geëindig.
Ermelo Hoërskool se tennisspelers het Vrydag en Saterdag, 19 en 20 Oktober aan die Hoëveld-tennisproewe in Secunda deelgeneem.
In die seuns 0/15-afdeling het Rynard Herholdt het ’n eerste plek behaal, Tobie Leibbrandt het in die sesde plek geëindig met Pieter Leibbrandt in die sewende plek en
Christiaan Wege het elfde geëindig. Daar was 17 leerders wat in die afdeling deelgeneem het.
Uit elf deelnemers het Alana Leibbrandt (graad 10) vyfde in die dogters 0/18-afdeling geëindig.
In die seuns 0/18-afdeling het Jacques Erlank (graad 11) in die vyfde plek geëindig, Japie-Chris Groenewald (graad 10) was algeheel sewende, Danie van Rooyen (graad 10) agtste en Andre-Dale Groenewald (graad 10) het in die negende plek geëindig.




