Laerskool JJ van der Merwe geniet jaarlikse skietdag op Indawo
Die spanne het om 7vm reeds die inskrywings afgehandel waarna die reëlings vir die dag aan die spanne deurgegee is en die dag net na 8.30vm afgeskop het.
Laerskool JJ van der Merwe het Saterdag hulle tweede jaarlikse skietdag by Indawo op die Piet Retief-pad aangebied.
Altesaam 36 spanne het aan die skietdag deelgeneem en hulle nie laat afskrik deur die gure weer van die dag nie.
Elke span het uit vier skuts bestaan.
Die spanne het omstreeks 7vm reeds die inskrywings afgehandel waarna die reëlings vir die dag aan hulle deurgegee is en die kompetisie het net na 8.30vm afgeskop.
Die JJ-Sniper span het die juniorafdeling gewen deur 90 punte aan te teken.
In die tweede plek is Happy Days Shooters met 81 punte, gevolg deur Wildman Juniors met 69 punte in die derde plek.
Die 4 Nefies-span het in die vierde plek geëindig met 68 punte en Girls with Guns in die vyfde plek met 49 punte.
In die vroue-afdeling het Black Panters in die eerste plek geëindig met Poke Moms in tweede.
Die wenners van die mansafdeling is Overwatch met 109 punte, met die “Y” Not span kort op hulle hakke met 102 punte en Casino Punishers in die derde plek met 99 punte.
Die Maggason Recalled het in die vierde plek geëindig met 97 punte, JJ-Snipers Pa’s het in die vyfde plek geëindig met 96 punte en die Stingers het met 96 en een “joker-kaart” wat gebruik is, in die sesde plek geëindig.
In die sewende plek was A-Team met 94 punte, gevolg deur Noord-Transvaal ook met 94 en twee “joker-kaarte” wat gebruik is in die agtste plek.
Moonshiners het in die negende plek geëindig met 90 punte en Dead on in die 10de plek met 86 punte.
Elke span kon vyf “joker-kaarte” gebruik.
Die kaart word gebruik indien ‘n skut die teiken gemis het en weer wil probeer.
Indien spanne gelyk is met punte, word daar na die “joker-kaarte” gekyk.
Mnr. Marius Nel, hoof van Laerskool JJ van der Merwe het tydens die prysuitdeling elke organiseerder en borg bedank wat die dag moontlik gemaak het.





