School sportSport

Hoërskool Secunda blink uit in wintersport teen Hoërskool Linden

Leerders ding mee in rugby, hokkie en netbal

SECUNDA – Hoërskool Secunda het op Saterdag, 2 Maart op hul tuisveld met Hoërskool Linden kragte gemeet en al Hoërskool Secunda se rugbyspanne het hul wedstryde gewen.

Die eerstespan se was 37-10, die tweedespan se was 24-10, die 0/16-span se telling was 12-12, die 0/15-span se telling was 17-5 en die 0/14-span se telling was 31-0.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne het al hul wedstryde gewen. Hiér hardloop een van Hoërskool Secunda se 0/14-spelers vir die bal.

Die seunshokkiespanne het ook al hul wedstryde gewen.

Die eerste seunshokkiespan se was 2-1, die 0/16-span se telling was 4-0 en die 0/15-span se telling was 2-1.

Hoërskool Secunda se netbalspanne het net twee wedstryde verloor.

Die eerstespan se wentelling was 21-18, die 0/16A-span se telling was 27-17, die 0/16B-span se telling was 18-8, die 0/15A-span se telling was 19-11, die 0/15B-span se telling was 15-2 en die 0/14A-span se telling was 19-16.

Spelers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Linden se 0/16A-hokkiespanne in aksie op die hokkieveld Saterdag, 2 Maart by Hoërskool Secunda.

Die tweedespan het met 21-18 verloor en die 0/14B-span met 13-20.

Die meisieshokkiespanne het ook al hul wedstryde gewen.

Die eerstespan het gelykop gespeel teen Linden met twee doele elk.

Die tweedespan se wentelling was 8-0, die 0/16-span se telling was 3-2, die 0/15-span se telling was 5-0 en die 0/14-span se telling was ook 5-0.

Hoërskool Secunda se eerste seunshokkiespan het hul wedstryd teen Hoërskool Linden Saterdag, 2 Maart gewen. Hiér hardloop spelers van beide skole vir die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button