School sportSport
Henco du Bruyn verkies om SA te verteenwoordig tydens die komende Internasionale Skole Federasie Wêreld-gevegspele in Boedapest
“Henco is een van ons belowende jong atlete en deur harde werk en toewyding het hy bewys dat hy teen die beste in die wêreld kan meeding,” het mnr. Shaun Bartlett van die Suid-Afrikaanse stoei federasie geskryf.

Die 14-jarige Henco du Bruyn wat vanjaar sy hoërskoolloopbaan by Ligbron Akademie vir Tegnologie begin het, het onlangs gekwalifiseer om Suid-Afrika tydens die komende Internasionale Skole Federasie Wêreld-gevegspele te verteenwoordig.
Die kompetisie vind vanaf Maandag 16 Junie tot Saterdag 22 Junie in Boedapest, Hongarye plaas.
“Henco is een van ons belowende jong atlete en deur harde werk en toewyding het hy bewys dat hy teen die beste in die wêreld kan meeding,” het mnr. Shaun Bartlett van die Suid-Afrikaanse stoei federasie geskryf.
Die koste verbonde aan die toernooi beloop ongeveer R24 000.
Enige iemand wat ‘n bydrae wil maak vir om die toernooi vir Henco moontlik te maak, kan sy ma, me. du Bruyn skakel by 084 781 0759.
Lees die volle berig oor Henco se kwalifikasie om Suid-Afrika te verteenwoordig in die vandeesweek se Hoëvelder
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!