School sportSport

Hoërskool Secunda-spanne klop Alberton in wintersport

Secunda bied NWU-sportreeks op tuisveld aan

SECUNDA – Hoërskool Secunda het op Saterdag, 6 April op hul tuisveld met Hoërskool Alberton kragte gemeet in die NWU-sportreeks en goed gevaar.

Al Hoërskool Secunda se rugbyspanne, behalwe die tweedespan, het hul wedstryde gewen.

Die 0/14A-span se wentelling was 19-17, die 0/15A-span se wentelling was 21-0, die 0/16A-span se wentelling was 10-0 en die eerstespan se telling was 24-12.

Net een van Hoërskool Secunda se netbalspanne hul wedstryde verloor.

Spelers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton se 0/14B-netbalspanne in aksie Saterdag, 6 April tydens die NWU Sportreeks wat by Hoërskool Secunda aangebied is.

Secunda se 0/14A-span se wentelling was 26-8, die 0/15A-span se wentelling was 31-4, die 0/15B-span se telling was 21-13, die 0/16A-span se telling was 36-16, die 0/16B-span se telling was 36-3, die tweedespan se wentelling was 21-10 en die eerstespan s’n was 35-25.

Die 0/14B-span het verloor met 10-17.

Splers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton se tweede netbalspan in aksie op die baan Saterdag, 6 April tydens die NWU Sportreeks wat by Hoërskool Secunda aangebied is.

Secunda se meisieshokkiespanne het ook goed gevaar met net een span wat verloor het.

Die tweedespan het met 0-2 verloor terwyl die 0/14A-span se wentelling 11-0 was, die 0/15A-span se wentelling was 2-0, die 0/16A-span se wentelling was 7-0 en die eerstespan het met 2-1 gewen.

Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton se eerste hokkiespanne meet Saterdag, 6 April kragte tydens die NWU Sportreeks by Hoërskool Secunda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button