School sportSport

Wernich Rossouw speel vir Suid-Afrika tennis

Goedehoop-leerder het, toe hy 11 jaar oud was al vir 0/13-span gespeel

SECUNDA – Wernich Rossouw, ‘n gr. 7-leerder van Laerskool Goedehoop, is by die interprovinsiale tennistoernooi in Bloemfontein, gekies om deel van die Suid-Afrikaanse Skole-tennisspan te wees.

Dié span bestaan uit die agt beste laerskooltennisspelers in Suid-Afrika.

Wernich gaan saam met die span vanaf 17 tot 29 Augustus in Amerika toer en onder andere ‘n oefenkamp by die Universiteit van Illinois bywoon en die Amerikaanse Ope-tennistoernooi in New York besoek.

Wernich Rossouw van Laerskool Goedehoop in aksie op die tennisbaan.

Hy speel al tennis sedert hy ses jaar-oud is en het Mpumalanga in die 0/13-span verteenwoordig sedert hy 11 jaar oud is.

Hy was reeds toe hy 12 jaar oud was, die nommer een speler in Mpumalanga onder die laerskoolspelers en hy is die eerste seun van Mpumalanga wat die Suid-Afrikaanse Skole-tennisspan gehaal het.

Sy afrigter, mnr. Pieter Opperman, was self ‘n top junior en professionele tennisspeler op sy dae.

Wernich Rossouw van Laerskool Goedehoop, is vir die Suid-Afrikaanse Skole Tennispan gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button