School sportSport

Oosterland se eerste- en 0/16-seunshokkiespanne wen

Dogtershokkiespan speel eerkomende Saterdag op Volksrust

SECUNDA – Hoërskool Oosterland se eerste seuns-hokkiespan het Hoërskool Secunda se eerstespan onlangs, met 2-0 geklop.

Oosterland het hul wenstyl voort gesit die afgelope naweek.

Hul eerste seunshokkiespan en hul 0/16-span het die naweek aan die Mpumalanga uitspeelwedstryde deelgeneem en die liga gewen.

Hulle speel eerskomende naweek in Nelspruit vir ‘n plek in die Noordvaal-uitspele wat later in Junie plaasvind.

Oosterland se eerste seunshokkiespan het ná hul sege oor Hoërskool Secunda, ook Hoërskool Evander met 2-1 geklop, Hoërskool Ligbron met 4-0, Hoërskool Standerton met 7-0, Hoërskool Volksrust met 3-0, Highveld Park High School met 4-0 en op Saterdag, 1 Junie, het hulle ook met Cambridge en Curro Bakenveld afgereken en hulle geklop met tellings van onderskeidelik 5-2 en 3-0.

Volgens me. Liné de Vries, skakelbeampte van Hoërskool Oosterland, is dit die derde agtereenvolgende jaar wat Oosterland se eerste seunshokkiespan so ver vorder.

“Met uiterste dissipline en pragtige hokkievaardigheid is dié wedstryde nie net ongelooflik aanskoulik nie, maar verdien die span telkemale komplimente vir hulle gedrag op die veld en hulle spel,” het me. De Vries gesê.

Hoërskool Oosterland het gedurende dié seisoen 11 provinsiale-hokkiespelers opgelewer.

“Dit getuig van hokkietalent en -afrigting uit die boonste rakke.”

Oosterland se 0/16-seunshokkiespan het ‘n soortgelyke wen-sege gehad en loop tans voor in die poel.

Die 0/16-span het die afgelope naweek in die uitspeelwedstryde met Penryn en Hoërskool Generaal Hertzog afgereken en onderskeidelik met 3-1 en 1-0 gewen.

“Daar is dus hoë verwagtinge van dié hokkiespanne en met goeie reg.

“Dié Oosie-hokkiespanne is reg vir die groot wedstryde.”

Die Mpumalanga-uitspele skop eerskomende naweek af en Hoërskool Oosterland se 0/15-dogtershokkiespan speel op Volksrust.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button