School sportSport

Sylvia Bodenstein is krieketspeler van formaat

Klub is trots op jong krieketspelertjie

BETHAL – Sylvia Bodenstein (10), ‘n leerder van Laerskool Marietjie van Niekerk, is die eerste dogter by dié skool wat vir die seuns se 0/11-krieketspan gekies is.

Sylvia ontvang krieketafrigting by die Little Champs Krieket-akademie en is ook deel van die Little Bears Junior-krieketspan wat deel is van Bethal Krieketklub.

Sy het onlangs by die skole-krieketproewe die 0/11-span gehaal en het vir Bethal Bears se 0/11- en 0/13-krieketspanne op die veld gedraf.

“Sylvia is entoesiasties oor krieket en werk hard by die akademie,” het haar afrigter, mnr. Corné Greyvenstein, gesê.

“Sy het altyd ‘n glimlag op haar gesig en is opgewonde om te leer.”

Sylvia Bodenstein stap van die veld af na ‘n onlangse wedstryd.
Sylvia Bodenstein in aksie op die krieketveld.
Sylvia Bodenstein in aksie op die krieketveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button