Krieketspelers in aksie by Goldi-krieketweek
’n Totaal van 14 spanne tussen die ouderdom 10 tot 13 jaar het sake uitgespook waar elke span vier wedstryde gespeel het..
Jong krieketspelers het vanaf 13 tot 16 Junie by die Goldi-krieketweek, wat al 23 jaar plaasvind, deelgeneem.
Volgens ‘n woordvoerder van Laerskool Standerton, het meer as 8 200 kinders al die toernooi bygewoon.
Goldi voorsien jaarliks rugsakke en hemde aan alle spelers.
Spelers het by verskillende velde regoor Standerton meegeding, naamlik by Laerskool Standerton, Hoërskool Standerton, Vaalrivierskool en Standerton Krieketklub.
Verskeie skole was verteenwoordig, naamlik Laerskool Standerton, Laerskool JJ van der Merwe, Laerskool Drakensberg, Laerskool Rapportryer, Laerskool Jordania, Laerskool Marietjie van Niekerk en Laerskool Ladybrand.
‘n Totaal van 14 spanne tussen die ouderdom 10 tot 13 jaar het sake uitgespook waar elke span vier wedstryde gespeel het.



