Baie spelers van Hoërskool Secunda draf uit vir Puma rugbyspanne
Twee spelers neem aan Craven Rugbyweek deel
SECUNDA – Hoërskool Secunda se rugbyspelers het goed gevaar in die afgelope rugbyseisoen en 14 van hul spelers is gekies om die Pumas se klerefunksie wat onlangs by die Mbombela stadion plaasgevind het, by te woon.
Dié spelers is Ruben Bezuidenhout (0/15 Pumas A-span), Harmand Aucamp (0/15 Pumas B-span), Drian van der Merwe (0/15 Pumas B-span), DJ Loock (0/16 Pumas Grant Khomo-span), Ronnie Tshabalala (0/16 Pumas Grant Khomo-span), Keithan Titus (0/16 Pumas XV Tal-span), De Clerq Stolz (0/16 Pumas XV Tal-span), Johandré Coetzer (0/17 Pumas-span), Fana Lombard (0/17 Pumas-span), Bowen Bezuidenhout (0/17 Pumas-span), JP Booysen (0/17 Pumas-span) en Ruan Steyn (0/18 Pumas Akademiese-span).
Die onderwysers wat vir die onderskeie spanne gekies is, is mnr. JJ Hennop (afrigter, 0/16 Pumas Grant Khomo-span), mnr. Lucas Meiring (afrigter, 0/16 Pumas XV Tal-span), mnr. Jaco Kleynhans (afrigter, 0/17 Pumas-span) en me. Janine Faula (biokinetikus, 0/17 Pumas-span).
Martin Venter en Frans Stander is vir die 0/18 Cravenwek-span gekies wat vanaf 1 tot 6 Julie by Grey College op Bloemfontein plaavind.
Die 0/16 Grant Khomo Rugybweek vind in Junie by Hoërskool Rob Ferreira in Nelspruit plaas.
Venter is as die onder-kaptein gekies.





