Drie van Hoërskool Secunda se spanne speel in Virseker Beker
Die 0/14-rugbyspan sal ook op Saterdag, 27 Julie in die kwalifiserende ronde van die Virseker Beker speel asook die 0/16-rugbyspan.
Hoërskool Secunda se eersterugbyspan het tweede geëindig in die Mpumalanga-liga wat op Saterdag, 20 Julie op Ermelo plaasgevind het.
Secunda het net-net verloor teen Ligbron met ’n telling van 15-17.
Die eerstespan speel op Saterdag, 27 Julie in die Virseker Beker se kwalifiserende ronde op hul tuisveld.
Hoërskool Secunda se 0/14-rugbyspan het ook in die Mpumalanga-liga se eindronde teen Ligbron met ’n telling van 14-41 verloor.
Die 0/14-rugbyspan sal ook op Saterdag, 27 Julie in die kwalifiserende ronde van die Virseker Beker speel asook die 0/16-rugbyspan.
Secunda se 0/14-span speel teen Hoërskool Bastion en die 0/16- en eerstespan speel teen Hoërskool Alberton.