School sportSport
Morgenzon Landbou Akademie se Stallions klop die Wilge in Twizza eindstryd
Hul teenstanders het nie gaan lê nie en die rustyd ingegaan met slegs een punt agter die Stallions.
Die eerste rugbyspan van Morgenzon Landbou Akademie, die Stallions, het op 17 Augustus in ’n klip harde eindstryd teen Die Wilge van Potchefstroom te staan gekom.
Dit was die kleinskole Twizza beker eindstryd.
Die wedstryd het goed begin vir die Stallions en hulle was na die eerste 10 minute van die wedstryd met ’n telling van 20 – 0 die voorlopers van die stryd.
Hul teenstanders het nie gaan lê nie en die rustyd ingegaan met slegs een punt agter die Stallions.
In die tweede helfte het albei spanne tot die einde toe hard geveg om as die kampioene gekroon te word, maar die Stallions het daarin geslaag om die wedstryd deur te haak met ’n 56-43 oorwinning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



