School sportSport

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne bult spiere

Dié prestasies het daartoe bygedra dat Ligbron as die beste rugbyskool in Afdeling 2 aangewys is.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne het vanjaar gewys wat in hulle steek met ’n seisoen wat verskeie prestasies opgelewer het.

Die skool het vroeër vanjaar die Super Reeks-rugbytrofeë vir 2019 ontvang en sewe van hulle nege spanne is as Mpumalanga-wenners gekroon en een span as die Mpumalanga-naaswenners.

Ligbron se 0/14- en 0/16A-spanne het op 17 Augustus as die Virseker Beker-kampioene van die veld afgedraf.

Dié prestasies het daartoe bygedra dat Ligbron as die beste rugbyskool in Afdeling 2 aangewys is.

Mnr. Dup van Rensburg, hoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie, het gesê: “Dankie aan elke afrigter en speler vir jul ure se harde werk op en van die veld af, dit het alles daartoe bygedra dat Ligbron vandag kan terug kyk na ’n suksesvolle rugbyseisoen.”

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

Die 0/14A-span, wat vanjaar onoorwonne was, het Hoërskool Secunda in die eindstryd met 20-0 geklop. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button