School sportSport

MLA se 0/13A1-jukskeispan eindig eerste

MLA se 0/13A1-span het hulle goed van hul taak gekwyt om in die eerste plek met 12 punte meer as hulle teenstanders te eindig.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het op 17 Augustus aan die tweede jukskeiligawedstryde op Morgenzon deelgeneem.

Skole wat aan die liga deelgeneem het, is Laerskool Breyten, Laerskool Kruinpark, Hendrina Gekombineerd, Evulinqondo Gekombineerd, Hoërskool Bondzeni, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Hoër Tegniese Skool Witbank en Hoër Tegniese Skool Middelburg.

Die spanne is verdeel in 0/13-, 0/16- en 0/19-ouderdomsgroepe.

MLA se 0/13A1-span het hulle goed van hul taak gekwyt om in die eerste plek met 12 punte meer as hulle teenstanders te eindig.

Dié span het slegs met drie spelers hul wedstryde aangepak.

Die 0/13A2-span het in die derde plek geëindig met 27,5 punte, terwyl die 0/16-gemengde span in die eerste plek in hul ouderdomsgroep, met 63,5 punte, geëindig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button