Local sportSport
Jaco Booysen hou Edelvalk-tak se naam hoog
Bloemfontein-tak van die SAJWV het by Meerkatgat-skietbaan die nasionale presidentskietdag aangebied.
‘n Totaal van ses lede van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het op 14 September op nasionale vlak deelgeneem met Jaco
Booysen wat hom goed van sy taak gekwyt het.
Booysen het teen 140 skuts meegeding en 27ste geƫindig.
Die Bloemfontein-tak van die SAJWV het by die Meerkatgat-skietbaan die nasionale presidentskietdag aangebied.
Christo Bailey, Xander Bailey, Evert Genis, JC Schoeman en Stoffel Bester het ook die tak verteenwoordig.
Booysen het weer eens ‘n platinum-toekenning behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



