Local sportSport

Secunda-stoeiers presteer by kampioenskap

Stoeiers ryg medaljes in op Middelburg

SECUNDA – Sasol Stoeiklub se Pumatjie-stoeiers het op Saterdag, 14 September aan die vyfde Pumatjie Stoeitoernooi op Middelburg deelgeneem en die trofee vir die span met die beste kreet verower.

Die ander stoeiers van Sasol Stoeiklub het aan die Mpumalanga Stoeikampioenskap deelgeneem en verskeie plekke losgestoei.

Die Pumatjie-stoeiers wat medaljes vir deelname ontvang het, is De Wet du Plessis, Janlu Lourens, Brossöw Francke, Du-Handré Putter, Liam Swarts en Benjamin Oosthuysen.

Hulle het in die 0/6- tot 0/8-langtermyn ontwikkelingsafdeling deelgeneem.

Die ander stoeiers wat presteer het, is Christiaan Steyn (eerste in President Skole-afdeling en tweede in 0/9-Vrystylafdeling), Pieter Bezuidenhout (tweede in 0/9-Vrystylafdeling), Tyrone Swanepoel (tweede in 0/11-Vrystylafdeling en vierde in President Skole-afdeling), Reagen Meyer (derde in 0/10-Vrystylafdeling asook in President Skole-afdeling), Tiaan Carelse (eerste in 0/13-Vrystylafdeling asook in die President Skole-afdeling en Junior Grieks-Romeinse afdeling en tweede in die 0/13-Grieks-Romeinse afdeling), Zander Scheepers (eerste in die President Skole-afdeling, tweede in die President Junior Grieks-Romeinse afdeling asook die 0/13-Vrystylafdeling en vierde in die 0/13-Grieks-Romeinse afdeling), Jordan Webb (eerste in die 0/13-Vrystylafdeling asook die President Skole-afdeling en die President Junior Grieks-Romeinse afdeling en tweede in die 0/13-Grieks-Romeinse afdeling), Dwane van Niekerk (derde in die 0/15-Vrystylafdeling) en Nico van den Berg (eerste in die Senior Vrystylafdeling asook die Grieks-Romeinse afdeling).

Bezuidenhout, Meyer, Carelse, Webb en Scheepers is vir die Mpumalanga Stoeispan gekies wat op 27 en 28 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Jeug Stoeikampioenskap in Pretoria gaan deelneem.

Die Pumatjie-stoeiers van Sasol Stoeiklub wat die trofee vir die beste kreet verower het, is (voor) Jake Voigt, Tinus Steyn, Adriaan Odendaal, De Wet du Plessis, Heinrich Smit en Janlu Lourens. Agter is Gareth Smith, Antoine Duvivier, Liam Swarts, Divan Raubenheimer, Zané van Rensburg, Du Toit Malan en Henrico Smit. By die span is hul afrigter, mnr. Michael Francke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button