School sportSport

MLA-ruiters presteer by nasionale kampioenskap

Tilanie het ook aan die Sanesa-klas deelgeneem en is as die hoërskoolvlak-sewe se reserwekampioen aangewys.

Twee leerders van Morgenzon Landbou Akademie het onlangs aan die ‘Western Mounted Games’ se nasionale kampioenskap deelgeneem.

Dié kampioenskap het by Afridome op Parys plaasgevind.

Marike Vermeulen, ’n gr. 10-leerder en haar perd, Kaydine, het Vrystaat op vlak drie verteenwoordig en haar goed van haar taak gekwyt deur ’n algehele sewende plek te behaal.

Tilanie Groenewald, ’n gr.12-leerder en haar perd, Gold Dust, het Mpumalanga op vlak vier verteenwoordig en ’n algehele sesde plek behaal.

Tilanie het ook aan die Sanesa-klas deelgeneem en is as die hoërskoolvlak-sewe se reserwekampioen aangewys.

Sy is ook vir die 2019 Nasionale SAEF junior-dogterspan gekies.

Tilanie Groenewald (Morgenzon Landbou Akademie )in aksie tydens die ‘Western Mounted Games’ se nasionale kampioenskap . (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button