School sportSport

Fietsryers van Hoërskool Secunda geniet bergfietsvaardigheidskursus

Leerders skerp vaardighede op

SECUNDA – Fietsryers van Hoërskool Secunda het vanaf Donderdag, 12 Maart tot Sondag, 15 Maart ’n bergfietsvaardigheidskursus by Mankele bygewoon.

Die doel van dié kusus was om fietsryers se vaardighede vir die komende Spur Bergfietsreeks wat in Julie plaasvind, te slyp.

Me. Magriet Pieterse, skakelbeampte van Hoërskool Secunda, het gesê die kursus was darem nie net werk nie en die fietsryers het ook tyd vir prêt in die water en in die modder gehad.

Me. Pieterse het me. Marie du Rand, organiseerder van die bergfietsry vir al haar reëlings bedank, asook me. Elmee Rappard en me. Chrizané Venter wat die geleentheid saam met die leerders bygewoon het.

Reinhardt Liebenberg van Hoërskool Secunda in aksie op sy fiets tydens ’n bergfietsvaardigheidskursus wat onlangs by Mankele aangebied is. (Foto: Annelize du Toit).
Brandon Enever van Hoërskool Secunda in aksie op sy fiets. (Foto: Annelize du Toit).
Retief du Toit, Geane Engelbrecht en Jeadan de Beer by ’n berfietsvaardigheidskursus wat onlangs by Mankele gehou is. (Foto: Annelize du Toit).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button