Standerton en Distrik Hengelklub maak vir eerste keer lyne nat
'n Totale vangs van 172 visse, wat 103,962kg geweeg het, is aan wal gebring.

Altesaam 60 hengelaars, waarvan 10 besoekers, het op Saterdag 10 Oktober aan Standerton en Distrik Hengelklub se kompetisie by Grootdraaidam deelgeneem.
‘n Totale vangs van 172 visse, wat 103,962kg geweeg het, is aan wal gebring.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak karpe gegaan.
In die meestersafdeling het Danie Human met 11 visse van 9,976kg geseƫvier, gevolg deur Peet Erasmus met agt visse van 3,395kg en Cobus Strijdom met ses visse van 2,308kg.
Human het die vis van die dag gevang.
In die seniorafdeling het Richard Hills met 15 vis van 10,322kg die septer geswaai, terwyl Gappie Blignaut met 11 visse van 6,935kg tweede was en Adolf Schonken met sewe visse van 6,868kg derde.
Die vis van die dag het aan Schonken gegaan.
Lethisa Human het met 10 visse van 5,475kg die vroue-afdeling beklink, terwyl Elaine Munro met nege visse van 3,909kg die tweede plek behaal het en Marianne Erasmus met ses visse van 2,877kg die derde plek.
Ilene Schonken het die vis van die dag vasgekap.
Leonardo Parkinson het met twee visse van 1,346kg die juniorafdeling gewen.
By die penkopafdeling was Ty Mortlock met 10 visse van 3,667kg eerste, Alexis Moolman met drie visse van 1,449kg tweede en George Terreblanche met twee visse van 1,690kg derde.



