Erries laat spaander by Noord Gauteng Atletiek-liga
Hierdie leerders het elkeen individueel ingeskryf vir die byeenkoms.
Nege Erries het op Saterdag 27 Februarie aan die eerste atletiek-liga van Noord Gauteng deelgeneem.
Hierdie leerders het elkeen individueel ingeskryf vir die byeenkoms.
Lana Herholdt (o/19) het aan die 400m-hekkies deelgeneem en met ‘n persoonlike beste van 67.51 sek geëindig.
Sy het ook haar persoonlike beste verbeter in die 100m-hekkies met ’n tyd van 15,92 sek.
Carla Ferreira (o/17) het ook haar staal gewys in spiesgooi met ’n afstand van 38,58m.
Zané du Plessis (o/16), in die 400m-hekkies, het met ‘n tyd van 78,52 sek gespog .
Mia Davel (o/15) behaal haar persoonlike bestes tye in twee items – sy eindig met tye van 47,48 sek en 14,60 sek in onderskeidelik die 300m- en 90m-hekkies.

Michaela Hand (o/14) se afstande in gewigstoot en skyfwerp was onderskeidelik 11,09m en 28.9m.
Ruan du Toit (o/19) hardloop die 400m in ’n tyd van 53,31 sek.
Die lang-asem Chester Mpahlele (o/16), eindig met ‘n tyd van 4 min 36 sek tydens die 1 500m-item.
Nog ’n lang-asem, Bongmusa Vilakazi (o/16), voltooi sy 1 500m in 4 min en 22 sek.
Tyrone Berning (o/15) behaal ook ‘n persoonlike beste in die 300m-hekkies met ‘n tyd van 39,45 sek – in hoogspring behaal hy ‘n indrukwekkende hoogte van 1,85m.
“Baie geluk aan elkeen van die atlete wat deelgeneem en besonder goed presteer het,” het me. Mariaan Rust, EHS-woordvoerder, namens die skool gesê.
“Dankie dat julle Hoërskool Ermelo se naam hoog hou.
“Die Erries is trots op julle en wens julle toe vir die byeenkomste wat voorlê.”



