School sportSport

EHS-Ruiters neem voortou in Mpumalanga-span

Melissa Olivier, ’n gr.9-leerder van EHS is onlangs vir die South African Equestrian Federation (SAEF) se meisies-juniorspan gekies.

ERMELO – Hoërskool Ermelo se ruiters het onlangs hul stempel behoorlik in dié sport afgedruk.

Melissa Olivier, ’n gr.9-leerder van EHS is onlangs vir die South African Equestrian Federation (SAEF) se meisies-juniorspan gekies.

Sy sal op 5 en 6 Oktober aan die South African Western Mounted Games (SAWMGA) se Elite-byeenkoms by die Afridome in Parys deelneem.

Nege Erries sal Mpumalanga verteenwoordig by die SAWMGA/SANESA Nasionale Kampioenskap wat by die Afridome in Parys vanaf 3 tot 6 Oktober gehou sal word.

Die leerders is Jade van Strijp, Karmien Pretorius, CJ Steenkamp, Walter van der Walt, Mia van Aardt, Mia Steenkamp, Melissa Olivier, Carli Huber en Inge van der Walt.

Frané Swart sal aan die Special Needs Dressage level 0, in die SANESA-beginnerskompetisie deelneem.

“Baie geluk aan elkeen van die leerders wat gekies is en baie sterkte vir die kampioenskap wat voorlê, ons is besonder trots op julle,” het die skoolhoof, mnr. Pieter Grobler gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button