Local sportSportStreeknuus

Bronkies-rugby kook

Die eerstes het met 43-10 koning gekraai.

Bronkies Rugbyklub het verlede Saterdag op hul tuisveld met Noordelikes van Pretoria kragte gemeet.

Dit was ’n lekker laat somermiddag, maar op die veld was dit vuurwarm met die rugby wat opgedis is.

Wynand Venter maak seker hy druk die drie vir die eerstespan onder die pale.

Bronkies se twee spanne het behoorlik gekook en het hulle hul teenstanders gekarnuffel.

Die tweedespan het met ’n stewige wen van 34-5 die weg vir die eerstespan gebaan.

Die eerstes het met 43-10 kraai gekoning.

Die wedstryde het rukkerig begin, maar die haakplekke is sommer vinnig afgeskud en het die plaaslike spanne tipiese Bronkie-rugby gespeel met die drieë wat ingeryg is.

Brink Bosman van Bronkies se eerstespan word laag gevat in die duikslag maar hy beur vorentoe.

“Die goeie spel van Bronkies bly steeds ’n hoogtepunt,” het voorsitter Lourens du Plessis laat hoor.

Bronkies pak die Silwer Valke van Pretoria in ’n tuiswedstryd vandag, 26 Februarie.

Die eerste wedstryd begin om 14.45 en daarna draf die eerstespan om 16.00 uit.

“Kom ondersteun jou plaaslike spanne en geniet die middag saam ons. Kom maak dit sommer ’n lekker gesinsmiddag by die klub,” het Du Plessis afgesluit.

Rudolph van der Gryp se gesig getuig van klipharde rugby tydens die tweedespan se wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button