Bronkhorstspruit Rugbyklub se eerstespan klop Cullinan
Bronkhorstspruit speel hierdie Saterdag teen Ermelo op Bronkhorstspruit.
Bronkhorstspruit Rugbyklub se eerstespan het Cullinan in ’n tuiswedstryd op Saterdag, 26 Maart met 20-13 geklop.
“Hier teen die einde van die wedstryd het albei spanne alles in die stryd gewerp om die wen te verseker maar Bronkies se verdediging het gehou.
Cullinan se tweedespan het koning gekraai met ’n oorwinning van 18-7.
Dié kragmeting was Bronkies en Cullinan se eerste vir die seisoen.
Albei wedstryde was kenmerkend aan vorige jare se kragmetings en albei kante het kliphard gespeel, geen genade is gegee of gevra nie.
“Met tye het altwee spanne opwindende rugby gespeel, maar die verdediging aan albei kante was ook baie goed,” het Lourens du Plessis, voorsitter van Bronkies se rugbyklub, laat hoor.
“Dit is uiteraard gekenne dat die wedstryde teen Cullinan gewoontlik spannend en vol benoude oomblikke is, maar agterna word biere saam geniet en word vriendskappe weer hernu,” het Du Plessis verduidelik.
Bronkies se bestuur praat met lof van al die ondersteuners en het hulle vir hul teenwoordigheid en ondersteuning bedank.
“Ek bedank graag ook Bronkies se bestuur, afrigters en spelers vir al hul harde werk om van die dag ’n sukses te maak,” het du Plessis afgesluit.
Bronkhorstspruit speel hierdie Saterdag teen Ermelo op Bronkhorstspruit.











