Local sportSportStreeknuus

Witpoort se Tjaden Tromp is gaande oor spoed

Hy het homself verstom het met ’n eerste plek in sy eerste Tillotson-wedren op 5 Februarie en ’n tweede plek in sy tweede wedren op 5 Maart.

Tjaden Tromp (12) van Witpoort het aan die Tillotson-wedrenne by Formula K Benoni deelgeneem waar hy ’n eerste plek verwerf het.

Die wen beteken baie vir hom.

Tjaden oefen en ry hard om ’n podiumplek te kry, maar hy is nederig.

Tjaden Tromp is reg vir aksie. (Foto: Verskaf)

“Ek vra onverskoning as ek dalk iemand gestamp het en skud al die deelneemers se hand as die resies klaar is,” het hy vertel.

Tjaden het vanjaar ook die 0/16 Tillotson-klas betree om met ’n groter renmotor teen ouer deelneemers resies te jaag.

Hy het homself verstom het met ’n eerste plek in sy eerste Tillotson-wedren op 5 Februarie en ’n tweede plek in sy tweede wedren op 5 Maart.

Tjaden neem al vir die afgelope drie jaar aan dié sport deel nadat sy pa, Gerrit Tromp hom aan die sport blootgestel het.

“Ek en my pa het by Formula K in Benoni met huurkarretjies gaan ry net vir die pret en toe het my van daar af ontwikkel,” het hy vertel.

Hy was nege jaar oud toe die gogga regtig gebyt het en dit is asof hy gebore daarvoor is.

Tjaden Tromp in Vereeniging waar hy as wenner weggestap het. (Foto: Verskaf)

Sedertdien het Tjaden al aan meer as 40 kompetisies deelgeneem en sy pligsgetrouheid getuig van sy liefde vir spoed.

Elke Vrydagmiddag is hy op die baan en die adrenalien neem hom keer op keer terug.

Dié jong man het al ver gery om deel te neem.

Hy het al aan die internasionale Formula K in Benoni deelgeneem, sowel as by die Zwartkops internasionale resiesbaan in Centurion.

Hy het in September verlede jaar in Pietermaritzburg by die iDube raceway sy staal gewys waar hy goud behaal het.

In Oktober verlede jaar het hy weer koning gekraai in Vereeniging by die Kart Circuit waar hy ’n eerste plek verower het.

Die mentor na wie hy opkyk, is Formula 1 se Red Bull-bestuurder, Maz Verstappen.

Al die renmotors in die klas is op dieselfde enjin-standaard en minimale gewig wat die kompetisie regverdig maak vir al die deelnemers.

Die F200-renmotor waarmee Tjaden jaag, is ’n OTK Kosmic. Dié motor en die Tillotson-renmotor se rame en enjins word albei deur Tillotson vervaardig.

Tjaden Tromp tussen al sy trofees van die afgelope drie jaar. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button