DK Mwalaba Kabengele se vlugtige voete systap ’n speler van Ermelo.
Klipharde rugby is op Saterdag, 2 April op die Bronkhorstspruit Rugbyklub se tuisveld gespeel.
Die klub se eerstespan het teen Ermelo uitgedraf en die tweespan het met Stanza kragte gemeet.
Bronkies se eerstespan het vir Ermelo laat les opsê.
Die eindtelling was 13-7 in Bronkhorstspruit se guns.
Wynand Venter en Brink Bosman het gesorg vir spogdrieë wat goed afgerond is.
Die Man van die Wedstryd is Shawn Mcnally wat deur elke gaping kon beur en goeie balbesit behou het.
Die tweedespan-wedstryd het in die reën afgespeel wat in Bronkies se guns getel het.
Hulle het vir Stanza met 10-7 geklop.
Lukas Du Plessis en Jacques Esterhuizen het gemik vir die pale en punte aangeteken.
Loftie van Heerden met sy vlugtige voete is as die Man van die Wedstryd aangewys.
Jacque Esterhuizen ken net van voorentoe en steur hom nie aan die spelers van Stanza nie.
Ermelo se spelers probeer vir Bronies se DK Mwalaba Kabengele grond toe trek.
DK Mwalaba Kabengele se vlugtige voete systap ’n speler van Ermelo.
Andries Theunissen word platgetrek.
Jacque Esterhuizen beur deur die gaping verby Ermelo.
Nolan Noa van Bronkies se eerstespan word platgetrek.
Mason van der Walt bokspring deur die gaping.
Ermelo se speler kry nie vir Nolan Noa vasgevat nie.
DK Mwalaba Kabengele probeer die bal uit Ermelo se hande hou.
Mason van der Walt, ’n tweedespanspeler van Bronkhorstspruit, trek die gevolg agterna soos hy voorentoe beur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.