Local sportSportStreeknuus

Bronkhorstspruit se parkrun lok atlete

5km-wedloop daag inwoners se fiksheid uit.

Bronkhorstspruit se parkrun het op Saterdag, 2 April plaasgevind met sowat 22 deelnemers.

Die 5km-wedren vind weekliks plaas en lok verskeie fiksheidsentoesiaste en gesinne.

Die afstand word aangepak op die Kungwini 4×4 roete net ná die afdraai op Bronkhorstbaaipad.

Die parkrun is al vir die afgelope drie jaar goed op dreef.

Die atlete neem deel teen hul eie pas en selfs die hondekinders hardloop saam.

Elkeen wat op die parkrun se webtuiste registreer, kry ’n staafkode waarmee hulle toegang verkry om aan enige parkrun in die wêreld deel te neem.

Die jeug ontvang selfs ’n sertifikaat na ’n aantal deelnames.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button